sederberg

Cederberg Cycle

sederberg

‘n landskap praat seker met elkeen in ‘n taal. en vir my is dit afrikaans. maar dit is toevallig. voorheen is die landskap in ander tale vertolk. dinge verander.

my ouers het daar rondgedwaal, saam met ginger johnson en percy seeff en heim rabinowitz. boesman-tekeninge gedokumenteer.

in daardie dae het dit heelwat langer geneem om met ‘n mini sederberge toe te ry.

een storie wat hul vertel is van hul aankoms op die plaas traveller’s rest. dit was ‘n oom strauss. dis so in die middel van die aand; soos hul aanklop hoor hul van binne ‘n dik boere-aksent, “come inside, kom binne”. na hul gesels het, kyk die oom hul en sê. “why do you want to go there? only the moon goes there.”

Cederberg Locals

‘n paar jaar terug is ek en ‘n vriend se hond in cobussegat op die plaas elandsvlei. die hond se naam was jakkals, cobussegat is ‘n grotwoning, en elandsvlei is betowerend.

Cederberg Mountain Biking

Cederberg Tracks

Cederberg Mountain Biking Trails

die volgende oggend sing die speke al langs ‘n pas pragtig gepak met klippe, destyds seker vir donkie-vervoer gebou, sowaar ‘n stuk ingenieurswerk, in die rigting van die heuwel syfer se rug – ‘n ingewikkelde stuk pad. ek begin by myself dink: wie het die vermoë gehad om hier dit te onderneem? en hoekom? hoe verder ek ry, hoe meer sien ek van die paaie en krale. netjies gepak. als verlate, seker al vir 80 jaar.

en dit is hoe ek begin belangstel het in die sederberge.

Cederberg Farms

meer onlangs onderneem ek saam met pelle die rivier vaart op die doring rivier. van de mond na die groot dam net bo elandsvlei. daar is nog grotte vol boesmangoed, wat sê hulle, “first people”. ek hou daarvan. dit is ‘n oulike section, wanneer hy werk. ons ry later met die paadjie na die sederberge proper. ek wys vir my vriend piers relly die pas met sy klipwerk.

hy reken dis ‘n klassieke voorbeeld van ‘n jared diamond “collapse” scenario. ‘n storie van hulpbron-uitputting. ook ‘n storie van ons tyd.

die sederboom, oftewel, cedarbergensis widdringtonia, was een hulpbron. europese setlaars het in die 18de eeu met vee begin boer. in 1876 is ‘n bosbouer aangestel om oor staatsgrond in die berge toesig te hou. dit was moontlik die eerste poging tot bewaring in die sederberge. tussen 1903 en 1973 was daar egter geen keer aan die stroop van die sederberge se natuurlike hulpbronne nie. groot hoeveelhede sederhout en boegoe is geoes, terwyl boere die berge tydens droogtes vir weiding gebruik het. groot getalle sederbome is afgekap omdat die hout so gewild was in die boubedryf – ongeveer 7 200 bome is as telefoonpale tussen ceres en calvinia gebruik. veldbrande het ook bygedra tot dié vernietiging en die sederboom staan nou op die rand van uitwissing.

inderdaad is die boek “berge van die boland”, in 1948 uitgegee, se pleidooi dat die boere moes ophou om die veld brand te steek.

in 1967 is die verwydering van dooie sederbome gestaak. Ander vorme van oorontginning het in 1973 tot ‘n einde gekom toe die sederberg wildernis geproklameer is. die afgelope paar jaar het pogings om jong sederboompies in hulle natuurlike habitat te plant, natuurliefhebbers en besoekers aan die sederberge bewus gemaak van die bedreigde status van die sederboom.

al die netjies gepakte krale en klipmure getuig van ‘n lewensvatbare bestaansveeboerdery. maar die het seker ook sy tol geeis. en weldra het die grond drakrag verloor. en minder en minder mense kon daar ‘n bestaan maak. en daar was minder danse en weldra het die dakkappe inmekaar gesak.

met elke brand en verspoeling verminder dit wat oor is van al die strewe.

dis een aspek.

een van vele ander aspekte is dat dit vreeslik lekker is om as natuurliefhebber hierdie streek te besoek. en daar is vreeslik baie om te sien.

iets anders is die poele. swempoele. en daar is baie van hulle. sommige aangeteken, baie nie. hierdie berg hou water en gee water.

Cederberg Swims

Cederberg Swims

waar is my gunsteling plek? onmoontlik om te sê. ‘n verlate skaapwagtersruïne wat uitkyk oor die tankwa karoo. ‘n ribbok wat op die rantjie na my staan en kyk deur die naderende nag. dan is hy weg.

ek lê in die namiddag op ‘n stretcher by staanplek 24, algeria. Ons het sopas ‘n trip voltooi. onder my baljaar kinders in die rivier en voor my toring die berge in die lug op. ‘n jakkalsvoël in die lug.

Cederberg Camping

Cederberg Fire

Cederberg Stars

kry ‘n kaart en begin jou eie avontuur. hierdie paadjies lei na skoonheid en ontdekking.

‘n ander boek wat die meer onlangse vorige mense van hierdie streek baie pragtig uitbeeld, is tom burgers se “cedar people”. dis ‘n fotoboek met teks. nie maklik beskikbaar nie; meer as die moeite werd.

Cederberg People

“eendag toe ek alleen op die berg was, het ek besluit om by die hut my middag keteltjie te gaan kook, want daar kry jy al jou vriende, so nie in die vlees nie, dan wel in herinnering.” (versveld en de klerk se “berge van die boland”. in sy hoofstuk oor die sederberge)

Cederberg Mountain Biking

Philip Grutter

Images courtesy of: Stan Engelbrecht and Paul Lipschitz

view the english version.

 

Indola MTB Apparel